Welkom by die goeie nuus… dis hoog tyd!
Die stories van ons tyd wat regtig saak maak.

Ons hoor deesdae net die slegte dinge … stories van haat en leed. Dis hoog tyd vir die goeie dinge, stories van hoop en omgee … stories wat saak maak.

Stories wat saak maak is die goeienuus-program wat jou die ander kant wys – daardie onvertelde stories waarna ons land smag.

Trouens, daar is sovéél goeie dinge aan die gang in ons land en die res van die wêreld – en elkeen is ‘n storie wat wag om vertel te word, vanaf die klein plaaslike mites, tot stories van internasionale belang oor gebeurtenisse wat mense se lewens ten goede verander.

Stories wat saak maak gaan oor dáárdie stories – altyd met ‘n tikkie humor, dikwels tong in die kies en soms ‘n lag met ‘n traan … die stories van ons tyd wat regtig saak maak.

Sluit aan by Coenie de Villiers, en talle kleurvolle persoonlikhede, vir Stories wat saak maak, elke Sondagaand om 20:00 op VIA, DStv-kanaal 147, en elke Saterdagaand om 19:30 op eExtra.